Is positiewe sielkunde genoeg om die lewe to hanteer?

Life Coaching - Road winding through green hills

In die wereld van positiewe sielkunde is studies van standvastigheid gedoen en die volgende eienskappe is geidentifiseer wat help met die vermoe om sterk genoeg te wees om die lewe te hanteer.

  • Die kapasiteit om realistiese planne te maak en uit te voer
  • ‘n Positiewe beskouing van jouself – vertoue in jou sterk punte en vermoeëns
  • Kommunikasievaardighede en probleemoplossingsvaardighede
  • Die kapasiteit om sterk emosies en impulse te hanteer

Die vermoë om realistiese planne te maak is gefundeer op die gewilligheid om die realiteit te kan aanvaar. Ek bedoel nie met aanvaarding dat mens passief moet raak en opgee nie. Ek bedoel dat mens die realiteit uit elke hoek beskou met die houding dat dit hanteerbaar is.

Een van my gunsteling aanhalings is van Michael J Fox, wat self groot persoonlike teëspoed beleef. Hy sê:

‘Acceptance does not mean mere resignation. It means understanding that something is what it is and that there’s got to be a way through it’

Ek is ‘n sterk voorstander van konstruktiewe denke en konstruktiewe aksie. Dit werk nie rerig om naiëf positief te wees nie want dit noop mens om groot aspekte van die realiteit te vermy of ignoreer. ‘n Meer praktiese benadering, in my opinie, is om die realiteit in al sy aaklige vorms vierkant in die oë te kyk en uit te werk wat jy volgende kan doen.

Ons het almal drie opsies:  Jy kan ‘n situasie slegter maak, beter maak of bloot neutraal bly. Kombineer ‘n realistiese plan met ‘n realitiese selfbeskouing en jy is alreeds op pad na beter oorlewing.

Vind jy dit moelik om postief te bly? ‘n Gesprek met my sal jou help om ‘n konstruktiewe self-beskouing en lewenshouding te ontdek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *