Sterk emosies kan oorweldigend word

Life Coaching - Road running through green fields

Kommunikasie vaardighede is uiters belangrik want dit skep die geleentheid vir samesyn en verhouding. In Suid-Afirka plaas ons ‘n baie hoë waarde op selfstandigheid en ons is dikwels te  skaam of te trots om aan ons eie swaarkry uiting te gee. Ons vra nie maklik vir hulp nie. Woede en kritiek kom makliker as om oor ons eie kwesbaarheid te praat.

Ek praat nie van jou kop af kla nie. Ek praat van konstruktiewe geprekke oor ons uitdagings waar on saam oplossings soek. As dinge te swaar raak, gaan soek iemand om meet te praat. Daar is gekwalifiseerde mense en daar is ook wyse mense in jou eie gemeenskap wat kan luister en ondersteuning bied. En miskein kan jy dieselfde vir iemand anders doen – luister en ondersteun eerder as om saamgesleur te work in ‘n kompetisie van wie het dit die ergste of wie moet ek vandag haat.

Ons voel almal baie sterk emosies en soms raak dit oorweldigend. Die uitdaging is hier om so konstruktief as moontlik met emosies te werk – nogal ‘n groot uitdaging!

In ‘n perfekte wêreld, behoort mens te responder en nie te reageer nie. Ons neig om maklik impulsiewe uiting te gee aan emosies – en dit voel nogal goed en dramaties om so te maak!

Die gevaar is dat ons dan dinge kan aanvang wat ons eie lewens kan swaarder maak. Die beste advies wat ek het is om so bietjie te wag voor jy uitbars. Probeer om die wyse stem binne jouself te hoor voor jy optree.

Emosies is oor die algemeen baie funksioneel want hulle vertel ons dat iets aangaan in ons lewens wat ons affekteer (hetsy positief of negatief). Dit help dus om te probeer uitwerk wat die emosie se boodskap is voor jy besluit om op te tree.

Selfsorg in ‘n moelike wêreld is van uiterste belang. Ons kan almal baat deur te leer hoe om stress beter te hanteer. Dit is belangrik om aktiewe maatstawwe vir stress vermindering in ons lewens in te bou. Fisiese aktiwiteit word allerweë beskou as ‘n effektiewe metode van stress vermindering. Dis ook belangrik om te rus en soms te onttrek as dinge te veel raak. Die ou gesegde ‘he who runs away, lives to fight another day’ hou baie waarheid in.

Terloops, realistiese planne behoort ook realistiese rustyd in te sluit. Dis maklik om te dink dat as alles stil raak en jy baie stil sit, jy sal ontspan; maar onstpanning kan ‘n aktiewe proses wees. Leer om te mediteer, bid, skryf of kry ‘n nuwe liefhebbery waarin jy jouself vir ‘n rukkie kan verloor.

Daar is natuurlik ernstige emosionele probleme wat in ‘n moeilike wêreld voorkom: trauma, depressie, angs en paniek. As jy voel dat emosies jou te bowe kom, is dit tyd om met ‘n professionele persoon te gaan gesels. Jy hoef dit nie alleen te dra nie.

Kophou in ons komplekse wêreld is ‘n groot uitdaging. Hou goeie moed, staan by mekaar en neem betekenisvolle konstruktiewe aksie.

Sukkel jy om moed te hou? Kom gesels met my oor jou emosionele uitdagings.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *